Het hy God gespeel?

Vir sommige was Barnard ’n ster, vir ander ’n duiwel wat gedink het hy speel God.


Sommige jubel, ander sê hy is ’n monster 

Elsabé Brits

Prof. Chris Barnard verskyn op ’n oorsese TV-program kort ná die eerste hartoorplanting.Foto: Heart of Cape Town MuseumBinne 24 uur nadat die eerste hart oorgeplant is, het prof. Chris Barnard wêreldbekend geraak.

Vir sommige was hy ’n ster, vir ander ’n duiwel wat gedink het hy speel God. Daar is selfs plakkers gemaak vir motors wat gelui het “Drive safely, Chris Barnard wants your heart.”.  Van dié plakkers is vandag te sien in die Heart of Cape Town Museum.

Dieselfde jaar is hy via Londen, waar hy soos ’n ster ontvang is, vinnig na Amerika om op die CBS-program Face the Nation te verskyn.

Terug in Suid-Afrika het hy op 2 Januarie 1968 sy tweede hartoorplanting gedoen op die tandarts dr. Philip Blaiberg.

Die nuus van die eerste hartoorplanting het wêreldwyd die voorblad van koerante en tydskrifte gehaal. Foto: Heart of Cape Town MuseumBarnard was toe so groot dat Blaiberg die rolprentregte vir die operasie en onderhoude aan NBC, ’n Amerikaanse TV-stasie, vir $50 000 verkoop het.

Die skenkerhart was dié van Clive Haupt (24), ’n bruin man van Kaapstad wat breinbloeding opgedoen het. Dit was ook groot nuus in apartheid-Suid-Afrika.

Drie weke ná die operasie is Barnard op ’n toer deur Europa: Duitsland, Frankryk, Italië en Brittanje. Hy is soos ’n popster gevolg, afgeneem en behandel.

Maar nie almal was gelukkig nie. Hy het ook briewe ontvang wat hom vertel hoe boos hy is – van Suid-Afrikaners en mense oorsee.

Mary Power Slattery van Chicago skryf op 6 Januarie 1968 vir hom: “The Butcher of Groote Schuur: I’ve heard of human vultures but this is the first time I ever saw one with a name on it. I don’t speak your name. No one can give you permission to take a man’s heart out of his body. A man in life is no more important than a man in death . . .”

’n Brief van ’n kind van Oudtshoorn te sien in die Heart of Cape Town Museum. Die pa dink glo “bokkerol” van die hartpionier. Foto: Elsabé Brits

’n Briefie van steun van ’n meisie wat te sien is in die Heart of Cape Town Museum. Foto:Elsabé Brits

En ene S. Perchel van Arlington in die VSA meen: “It is my profound conviction you are unmoral. A bunch of ghouls, all of you.”

“It is my profound conviction you are unmoral. A bunch of ghouls, all of you.”

Maar vir die res van sy lewe was hy wêreldberoemd. Maak nie saak wie ná hom gekom het nie.

Hy het die moed gehad om dit eerste gedoen.

Bron: Die Burger-argief

Elsabé Brits

Le Roux Schoeman

Rudi Louw

Deel