Deel 2

Chris Barnard SE MENSE:

Prof. Chris Barnard met al sy kinders en vrou, Karin, op baba Lara se doop. Van links is Frederick, Chris, Armin, Karin, Lara, Deirdre en Christiaan. Foto: Verskaf

 

Toe hy sterf in Siprus

’n Dogter onthou die hartseer en lag van haar pa.


Lag en huil saam met ’n pa wat ‘magic’ kon skep

Elsabé Brits

“Ons, die eerste familie, het my pa aan die wêreld verloor, maar later, aan die einde van sy lewe, het ek en hy weer bymekaargekom,” sê Deirdre Visser, oudste dogter van prof. Chris Barnard.

Deirdre Visser, dogter van Chris Barnard, gesels in haar gesinshuis in Kaapstad. Foto: Le Roux SchoemanSy praat met deernis oor haar pa, wat weer “huis toe gekom het nadat hy sy heup gebreek het” aan die einde van 2000.

Hulle het saam gaan swem en hy het altyd gemaan: “Onthou die voordeursleutels, die handdoeke en my asmapomp.”

En toe sterf hy alleen in Siprus op ’n vakansie by die hotelswembad, weens ’n asma-aanval. Hy het nie sy asmapomp by hom gehad nie. “Dit is so tragies, die man wat altyd die wêreld om hom gehad het, het alleen gesterf.”

Die aand voor sy dood op 2 September 2001, het ’n vrou in die hotel “Lara’s Theme” uit die fliek Doctor Zhivago op die klavier gespeel. Sy het gesien hoe Barnard huil en met hom gaan praat. Later het sy aan die familie vertel hy het na sy dogter Lara verlang.

Visser sê in die laaste tye saam met haar pa het sy saam met hom by die swembad gesit en vir hom voorgelees uit Angela’s Ashes. Soms het hulle ’n gin en tonic gedrink en dan luister hulle na die liedjie “Skipskop”, een van sy gunstelinge. “Dan huil ons, maar dan sê my pa vinnig iets snaaks en dan is ons weer oukei.”

Op die groot gedenkdiens wat vir hom in Kaapstad gehou is, is “Skipskop” ook gespeel. “En dit is toe dat ek van my pa afskeid geneem het,” vertel sy.

Ja, hy was iemand wat gou kwaad geraak het, maar net so gou weer vriendelik met ’n grap. “Ek het veilig by hom gevoel, baie vertroue in hom gehad.” Dit was hy wat haar gehelp het om groot hoogtes te bereik in waterski.

Deirdre Barnard (later Visser) en haar pa in haar matriekjaar. Foto: VerskafProf. Chris Barnard met al sy kinders en vrou, Karin, op baba Lara se doop. Van links is Frederick, Chris, Armin, Karin, Lara, Deirdre en Christiaan. Foto: VerskafProf. Chris Barnard en prinses Diana. Hy het ’n tyd ná haar dood gesê sy kon gered gewees het, indien daar nie ’n uur lank op die ongelukstoneel getalm is nie, maar sy dadelik hospitaal toe geneem is. Foto: Heart of Cape Town MuseumProf. Chris Barnard ontvang ’n eretoekenning van oudpres. Mikhail Gorbatsjof in Wene in 2000. Foto: Universiteit van KaapstadWanneer sy terugkyk, dink sy dit sou beter gewees het as hy destyds dalk leiding gekry het hoe om die internasionale roem te hanteer. “Dalk moes ’n sielkundige saam met hom gereis het, om dinge met hom deur te praat. Kan jy dink jy doen een operasie en dan bombardeer die wêreld jou?”

Sy onthou hoe moeg hy was, ook toe hy met Barbara getroud was. “Ek weet hy was baie spyt dat hy nie meer aandag aan my broer (André) gegee het nie. En dat hy hom nie meer met sy depressie gehelp het nie. Maar hy het dit later aanvaar. Hy het daardie uitkyk gehad van die lied van Mike & The Mechanics, jy weet, ‘The Living Years’, ja dit.”

Dit is waar dat Barnard lief was vir vroue, mense vra haar daaroor. “Good for him! Dit is belangrik vir my dat iemand gelukkig is, ek wil nie oordeel nie.”

Op ’n dag was daar ’n Russiese afvaardiging in die land en Visser het haar pa vergesel. Na sy mening het sy nie vinnig genoeg vir hom ’n faks aangegee met die regte inligting op nie en hy het hom vervies. “Ek het vir hom gesê hy is ’n bedorwe brokkie!”

Ná die tyd het iemand hom iets gevra oor ’n siekte en hy het alles mooi verduidelik en na haar gedraai: “En dit komende van ’n bedorwe brokkie.’’

Visser sê sy was nie lief vir opstelle skryf nie en hy het vir haar gesê om enige opstel te begin met die volgende: “Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof, kom die eerste druppels neer.” Tot matriek toe is dit in elke opstel gebruik, vertel sy.

En sy lag, oor haar pa se humorsin wat “magic in haar lewe geskep het”.

Elsabé Brits

Le Roux Schoeman

Rudi Louw

Deel